Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Daniel Sleigh (1938–2023) was 'n geskiedkundige en Afrikaanse skrywer van gedigte, jeugverhale, romans en historiese werke. Met sy skryfwerk het hy benewens ander toekennings ook die W.A. Hofmeyr-prys, die Universiteit van Johannesburg-prys, die M-Net-prys, die Helgaard Steyn-prys, die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings se K. Sello Duiker-prys en die ATKV-Prosaprys verower. Hy het ook verskeie romankompetisies gewen. Sleigh se Eilande, in Engelse vertaling (Islands), word gelys as een van die "1001 Boeke om te Lees Voordat Jy Sterf."
Dan het vele pryse vir sy skryfwerk ontvang, onder andere die C. Louis Leipoldt-prys van die departement van nasionale opvoeding, vir sy digbundel Duif oor die Water, die 2de prys in Van der Walt se wedstryd vir oorspronklike jeugverhale vir Anselm en die jut. Sy roman, Eilande wat in 2002 verskyn, wen die Sanlam/Insig/Kwêla Groot Romanwedstryd, W.A. Hofmeyr-prys, RAU-prys vir Skeppende Skryfwerk, M-Net-Prys vir Skeppende Werk in Afrikaans en die Helgaard Steyn-toekenning. Hy wen die ATKV-Prosaprys in 2012 vir Wals met Matilda. Eilande is in Engels (deur André P. Brink) en Nederlands (deur Riet de Jong-Goosssens) vertaal In 1998 ontvang hy ’n goue ere-penning van die Stigting Simon van der Stel en in 2002 ’n Molteno-goue medalje van die Kaap 300-Stigting vir uitnemendheid en lewenslange prestasie in die literêre, visuele en uitvoerende kunste. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ken in 2007 ’n erepenning aan hom toe vir sy bevordering van Geskiedenis. In 2011 word hy spesiaal vermeld by die Woordkunstenaar van die vorige jaar toekenning by die Stellenbosse Woordfees en in dieselfde jaar word hy deur die Wes-Kaapse regering gehuldig met ’n Spesiale Prys van die Departement van Kultuursake en Sport. Op 30 April 2012 word hy in ’n plegtigheid wat in die Kasteel in Kaapstad plaasvind met die koninklike Nederlandse onderskeiding Ridder in die Orde van Oranje-Nassau vereer. Hierdie orde word deur David de Waal, die konsul-generaal van Nederland, aan hom oorhandig. In 2014 word hy weer by die Stellenbosch Woordfees gehuldig wanneer ’n profielaanbieding oor hom deel van die program is.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Bastille, een van Parys se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie? Dit is tussen 16 Julie 1789 en Oktober 1790 deur Pierre-François Palloy afgebreek.
Vandag in die geskiedenis
8 Desember: Onbevlekte Ontvangenis van Maria (Rooms-Katolieke Kerk).
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|


